Saturday, 20 February 2016

Midmar Myl

As jy al 8 myle by die Midmar byeenkoms wil swem moet jy aan die eksklusiewe 8 Mile club behoort. Dit is so eksklusief- ek sukkel om uit te vind wat ek kan doen om daar aan te sluit. In tussen probeer ek vir al 8 myl inskryf langs die gewone kanale maar vanweë 'n fout wat ek maak is ek net vir 7 ingeskryf. (Vir een het ek twee maal ingeskryf- as individu en as deel van Engrow) Toe ek my fout agterkom hoor ek dat ek nie vir 8 kan inskryf nie, dit is net vir die eksklusiewe klub beskore. (Hulle samel oor die 4 miljoen vir liefdadigheid in, so ek gun hulle die uitsonderlike status.)

Ek laat my nie hier deur afsit nie en ons vertrek Vrydag, 12 Februarie  na Durban. My dogter Hedwig gaan saam om my by te staan. Ek het al verlede jaar gesien dat my man en seun nie opgewasse vir die taak is nie. Ek gee hulle af en hulle gaan Zipline in Karkloof. Dit help baie dat ek al verlede jaar hier geswem het, want nou weet ek wat om te verwag en dat die begin en eindpunt so 4 km padlangs uit mekaar is.

Daar is busse wat die swemmers van die eindpunt na die beginpunt vervoer. Diegene wat nie helpers het om hul handdoeke te neem nie, trek vullissakke aan om nie so kaal rond te beweeg nie. Hedwig ry saam met my op die bus en kan ek elke keer by haar my nuwe "barcode" en die regte swempet kry. Sy leen my ook n sarong om om my te draai. Sy wil oefening kry en stap elke keer die 4 km terug na die eindpunt om my weer te help op die volgende terug tog.

Saterdagoggend is die eerste swem kwart oor 8. Ons is vroeg daar en ek word gemerk. Hierdie jaar het ons nie weer tydelike "tatoër merke" nie. Ek plak die plakker wat vir my swempet bedoel is op my arm en trek sodoende die sonbrandgoed af. Ek brand die dag so bietjie voor en op my arm waar ek die plakker afgetrek het.

Dit is n massa wegspring maar daar is bietjie verwarring aan die begin en ons stap eers die water in toe die beuel blaas. Ek druk my Garmin af toe ek oor die wegspring gaan en my tyd van 31:05 is n minuut en 10 sekondes vinniger as my amptelike tyd- ook my vinnigste myl van al 7 myle. Die volgende myl is amptelik my vinnigste met 31:06. Ek is amper laat vir die wegspring. Ons moes in n baie lang tou wag en daar vertrek 4 busse vol swemmers voor ons kan op klim. Ons maak lekker vriende met die gesin voor ons en hou vir hulle duim vas!

Nou weet ons, ons moet baie vinnig maak en na my swem loop ons so vinnig moontlik bus toe. My bene is lam as ek op die sitplek neersak en nou het ek eers asem om water te drink en n energie stafie te eet. Die derde en laaste swem van die dag vir my neem my 34:34. Die wind het op gekom en die water het klein golfies. Dit is nie vir my hindelik nie maar die booi wat ons verplig is om mee te swem het my defnitief stadiger gemaak. Ek swem in die see met 'n soortgelyke booi om my sigbaar vir bote te maak, maar as mens jou vinnigste wil swem veroorsaak dit defnitief weerstand.

Sondag is ons weer heel betyds by Midmar- ek wil nooit laat wees vir 'n swem nie, mens is al klaar bietjie gespanne so niks moet dit vererger nie. Ek is in die eerste groep geloot en ons spring lekker weg. Die vinnige swemmers verlaat ons gou en daar is baie plek om my pas te swem. Ek het swemmers weerskante van my en hulle help my om n stewige pas te handhaaf.
Die water lewe van die stroom swemmers wat tussen 20 minute en 'n uur na die wegspring die eindpunt bereik

Ek swem 31:47 aan hierdie myl. Ek eet 'n hard gekookte eier na hierdie swem.(Tommie se vrou sê dis my geheime wapen.) Die energie stafies raak later net te soet en ek soek die sout saam met die eier. Vir die tweede swem is ek in die tweede groep ingedeel en is die enigste vrou tussen die klomp mans. Hulle is darem baie vriendelik en gee my n plek in die skaduwee. Dit was nogal baie intimiderend om so alleen omring te wees met die klomp manne in hul speedo's.

Die resies swem ek 33:49 en word ook deur swemmers weerskante gehelp om die pas te handhaaf. Ek het nog nie die vaardigheid om te "draft" nie maar swem graag reg langs 'n ander swemmer.

Die derde myl van die dag is saam met die jongdames tussen 13-30. Hier is ek in die tweede groep (blou) ingedeel. Die meeste swemmers swem teen my spoed en daar is n klomp voor my wat eintlik bietjie stadiger swem as wat ek wil swem. Van agter is daar ook n vinniger swemmer wat aanmekaar half oor my swem. Uiteindelik kom ons verby hierdie groepie en verloop die swem verder goed met n tyd van 33:21 my naas beste vir die dag ten spyte van die swak begin.

Waar ek Saterdag bly was dat die derde swem my laaste vir die dag was, is ek eintlik jammer dat die dag verby is met my vierde swem. Die wind het weer opgekom en golfies op die dam gemaak. Ek is in my element as omstandighede meer uitdagend is en vind dit ook meer opwindend. Die laaste swem is lekker en ek eindig in 33:32. Ek is baie tevrede met myself dat ek nie soos die vorige dag baie swakker geswem het nie.

Daar is net tyd vir stort en iets vinnig eet by Van der Byl se huis voor ons lughawe toe gaan. Elfuur die aand is ons terug by die huis. Die heel week sweef ek op 'n wolkie. Dit was 'n magiese ervaring. Alles het so goed af geloop en het net weer aan my bevestig: As ek swem is ek gelukkig! Waarom o waarom het ek dit vir so baie jare nie gedoen nie? Nou gaan ek beslis nie 'n geleentheid om te swem laat verby gaan nie.

Kom swem saam.
Marié

Kaapse Myl

Op 7 Februarie vind die "Sanlam Cape Mile" by Eikenhof plaas. Die geleentheid groei elke jaar en ek wonder altyd waar al die swemmers nou vandaan kom- waarom swem hulle nie in die Freedom series en by die WP byeenkomste nie? Die kompetisie is baie stywer en is daar 41 vroue in die 51-60 ouderdomsgroep.

Ek kom 9 de met 'n tyd van 32:04. Die wenner is Cecilia Stanford in n tyd van 23 minute 18 sekondes. Ek oefen die afgelope 3 maande hard en doelgerig in die hoop om vinniger te swem en swem niks vinniger as verlede jaar nie. Cecilia swem sommer 2 minute vinniger as verlede jaar. Sal ek moedeloos word?

Dit is moeilik om vir meer as een myl in te skryf omdat mens op die webtuiste jou ouderdomsgroep merk en dan outomaties in daardie myl ingedeel word. Daar is egter n klompie swemmers wat met die organiseerders gereël het en hulle swem al 5 die myle. Daar is net n driekwartier tussen die afsit tye. Ek skryf daar in vir n tweede myl maar het darem n uur tussen in om te rus. Hier swem ek bietjie langer 33:31 en is 4 de uit die sewe vroue wat in my ouderdomsgroep deel neem.

Die weer is lekker koel, maar vir die toeskouers is daar 'n ongemaklike reen buitjie. My sussies en dogter ondersteun my so dit is n lekker gesellige oggend. Verlede jaar was ek alleen hier en is baie bly vir hul geselskap en ondersteuning.

Sunday, 31 January 2016

Onder 20 Sowaar

Vandag het ek die 1 km resies  in die WP kampioenskappe by Eikenhofdam geswem, . Gister was die 3 km maar ek wou nie nog n dag die 350 km rit aan pak nie. Ek het besluit dat ek alles sal insit en kyk of ek nie onder 20 minute kan swem nie. Die afgelope 2 maande het ek hard gewerk om al my tegniek foute uit te stryk en te verbeter.

Die laaste maand het die klem geval om n vaste aantal hale per swembad lengte te swem. Hierdie SPL moes bewaar word onder die klein veranderinge wat my meer hale per minuut sou laat uitvoer. As ek byvoorbeeld my arm vinniger vorentoe swaai (recovery) moes ek dit teen so n spoed doen dat my hale per swembad lengte net met 1 haal verhoog. Ek moes dus baie noukeurig waarneem hoeveel vinniger ek dit doen sodat ek nie meer as net een ekstra haal neem nie.

Hierdie oefening en observasies is nodig om te verseker dat ek my effektiwiteit behou en nie uiteindelik "stadiger" swem al voel dit vinniger omdat my arms vinniger beweeg nie.

Gister het ek met die Tempo Trainer gewerk en die tempo van 1.15 met .01 verlaag tot ek teen 'n tempo van 1.05 sekondes per haal geswem het. Ek kon my effektiwiteit behou maar was taamlik uitasem. Ek is nog nie in die fase waar ek dit eintlik moet inoefen nie so die versnelde tempo is nog "nuut". Ek het darem geweet hoe dit moet voel.

Vandag kon ek tydens die 1 km swem die versnelde pas handhaaf. Ek haal moeiliker asem na my linkerkant en haal dus dikwels eers elke 4 de haal asem (na die regterkant) in plaas van elke 3 de haal- regs en links. Vandag het ek meestal elke 2 de haal, dus net na die regterkant asem gehaal. Dit het verseker dat ek genoeg suurstof kry en nie uitasem raak nie. Ek kon die heeltyd 'n stywe pas handhaaf en volgens my dogter se selfoon het ek 19 minute 37 sekondes geswem. Hoop die amptelike tyd bevestig dit.

Ek voel baie in my noppies. Ek besef net weer eens mens swem nie ewe skielik vinniger net omdat jy wil nie! Jy kry dit alleeen reg deur doelbewus en stelselmatig daarvoor te oefen. Volgende week swem ek die Cape Mile en hoop om daar ook 'n PB te kan swem.


Geniet elke swem- al is dit nie so vinnig soos jy graag sou wou swem nie!

Marié

Thursday, 21 January 2016

Laaste WP byeenkoms

Sondag 17 Januarie is die 3 de Open Water Challenge van WP Aquatics by Eikenhofdam in Grabouw gehou. Ek het my inskrywing Saterdag betaal en Maandag ge epos. Toe ek wil registreer is my naam nie op die lys nie. Gelukkig het hulle wel my betaling gesien en kon ek net n inskrywingsvorm voltooi. Dit is jammer hulle plaas nie meer die inskrywingslyste op die website nie, daar kon mens kontroleer of hul wel jou besonderhede ontvang het.

Dit was winderig- gelukkig, anders het ons in die hitte gebraai. Dit het redelike golfies op die dam gemaak. Ek geniet dit as die dam lewendig is, dit is opwindend en 'n uitdaging. Daar was heelwat inskrywings in die 3 kilometer, maar gou na die wegspring was ek sommer agter. Later gewaar ek n geel swempet voor my en besluit om die swemmer te probeer in haal. Maar nee wat hy/sy was te sterk vir my. Toe sien ek die blou kep swemmer hier skuins agter my en besluit maar nou gaan ek maar sorg dat jy nie voor my kom nie.

In verlede week se oefening moes ek leer om my SPL per swembad lengte konstant te hou . Dan moes ek vinniger swem deur of my hand vinniger agter uit te haal, of effens vroeër met die "catch" te begin, bietjie verder na voor te strek en ook om meer druk op die water uit te oefen in die "catch" posisie. Dit bring noodwendig mee dat mens nog n haal nodig het om die lengte van die swembad te kan swem. Die verdere opdrag was om dan weer die vorentoe strek n bietjie verder te maak. Te wag totdat die regterhand in die water in gly voordat die linkerhand in die "catch" posisie beweeg. Dit maak dan dat 1 minder haal nodig is vir die lengte van die swembad. My standaard hale vir die 25 yd swembad is 17, vir 25 meter is dit 19 en vir die 50 m swembad in Malmesbury is dit 45.

Met my swem by Eikenhof het ek al hierdie nuut verwerfde vermoeëns ingespan om te sorg dat ek voor die ander swemmer bly. Sy was voor my by een booi en ek het my toe voorgeneem om vinnig genoeg na die volgende booi te swem en daarom te swem dat ek voor kan bly. Tot haar krediet het sy mooi by my gebly en slegs n paar sekondes na my klaar gemaak.

Ongelukkig het ek nie haar naam gevra nie. Daar het iets by die tyd houers verkeerd geloop. My tyd was 1 uur 3.57 minute. Maar daar was geen swemmer met n tyd net daarna (of daarvoor) nie. Toe ek dit besef het ek gaan navraag doen maar omdat ek nie haar naam geken het nie kon ons die situasie nie oplos nie. Dit was n baie lekker swem wat aan my bewys het dat ek maar kan versnel en nie van uitputting in mekaar sal sak nie! Dit het my baie lekker selfvertroue gegee!
Jeanne Degenaar het die foto geneem- ek kan nie onthou dat ek my tevredenheid met die swem so gewys het nie.

Die 1 km swemmers was so n groot klomp dat hulle die ouderdomsgroep vir die dames verder verdeel het. Hier het ek die heeltyd gevoel of ek in n groep swem en ons was sommer so 7 swemmers (een 'n klein dogtertjie van seker so 8 jaar oud) wat saam klaar gemaak het. My tyd was 21:22. Ek wou baie graag onder 20 minute eindig en kry dit al in die swembad reg- nou moet ek nog net teen die elemente dit ook kan maak.

Terwyl ons geswem het, het die brand wat op die plase naby Grabouw deur die nag geblus is weer opgevlam en die donker rook wolke het ons vertel van die gevegte wat die boere teen die vuur moes uitvoer. Ons het veral aan ons mede swemmer Tommie Kruger gedink wat die swem gemis het omdat hy die brand bestry het.

Die volgende WP byeenkoms is 13 en 14 Februarie maar ek sal dit ongelukkig misloop want ek gaan weer die Midmar swem.

Sien julle in die water
Marié


Wednesday, 6 January 2016

'n Swem vakansie

Op ons eerste dag by Buffelsbaai het ons dadelik see toe gegaan. Half sewe die aand was dit nog lekker warm en ons het die brandertjies gaan beproef. Die volgende dag wou ons na 'n lang stappie gaan swem, maar toe is die strand gesluit want 'n haai is gewaar.


Kersdag het ek en Pieter (my skoonsuster se seun) net agter die branders heen en weer geswem en toe was dit verby! Ek kon nie langer weerstand bied nie. Ten spyte van my belofte het ek die volgende dag die see in geswem. (Die lewensredders het mos nou die see vir haaie gepatrolleer) Ek het my Chill swim booi gehad om my mooi sigbaar vir bote te maak. Ek het telkens so 400 m see in geswem tot by die agterste surfers dan het ek om gedraai en skuins nader aan die kus geswem. As ek die driehoek voltooi het met n parallelle swem agter die branders het ek so 1 kilometer voltooi.

As die water lekker was het ek my swembooi op die strand gaan sit en bietjie branders gaan ry. Met my swempet en goggles het ek seker vir die ander swemmers baie snaaks gelyk, maar ek is so gewoond om so te swem dat my oë gebrand het sonder die goggles.

Op Oujaarsdag het ons kano's gehuur by Eb en Flow (Cape Nature) by Wildernis en my kinders en man het op geroei in die Touwrivier (2,7 km). Ek het agterna geswem. Waar die water te vlak word, los mens die kano's en stap dan 3 km tot by n lieflike waterval. Daar het hulle lekker geswem, ek het maar gewag vir die terugtog om verder te swem. Die water vlak het aansienlik gestyg met die terug keer as gevolg van die inkomende gety en ek kon die hele tyd swem. (Die oggend het ek so 300 m saam gery toe die water te vlak was) n Lekker 5,2 km vir die dag.

My voornemens om in die Goukamma rivier te swem het bietjie skipbreuk gelei. Ek was bietjie bang om alleen daar te gaan swem en het eers later uit gevind dat Cape Nature ook daar kano's verhuur. Hopelik het ons ons eie kano's teen die volgende vakansie by Buffelsbaai.

Wat n lekker manier om 2015 vaarwel toe te roep.

Marié


Saturday, 19 December 2015

n Afrigter op die internet

Ek is lankal 'n gereelde leser van Mat Hudson se blog. Hy bied n kursus oor die internet aan wat hy "Stroke mastery and pace control" noem. In November het ek besluit om die kursus vir 'n maand te beproef. Mat bly in kontak met sy swemmers en gee terugvoer sodra jy rapporteer. Dus hoe beter jou waarnemings en beskrywing daarvan aan hom hoe makliker kan hy konstruktiewe kommentaar lewer.

Mat het ook n hele biblioteek van inligting met atikels, uitgebreide fokus punte, voorbeeld "practice" sessies om sekerre doelwitte te bereik en nog vele meer. Dit alles het hyself opgestel en ontwikkel oor die jare. Dit is n goudmyn van inligting. Ek floreer in hierdie omgewing waar my brein ook gestimuleer word.

Ek is nou vir die tweede maand besig en gaan dit defnitief oor die lang termyn  doen. Tot nou het ek op die individuele aspekte van die TI tegnieke gefokus en is nou op die punt waar ek dit alles integreer. Ek het my SPL redelik  konstant op 17 hale per swembad lengte (Die swembad waarin ek meestal swem is 25 jaart- ek handhaaf 19 hale in 'n 25 m bad en 48 hale in 'n 50 meter swembad) Dan sal ek na die volgende vlak beweeg waar ons met behulp van die tempo trainer "ratte" ontwikkel om na willekeur te kan versnel of die pas verlangsaam.

Terwyl ek aan my tegniek werk. kry ek ook oefening en was ek fiks genoeg om by die November en Desember WP byeenkomste 3km en 1k te swem. Ek het nog nie soos in die begin van die jaar ook 5 km op dieselfde dag geswem nie. Ek dink nie ek is reeds fiks genoeg om dit te doen nie en het ook gesien dat my liggaam af gebreek word deur so n vreeslike sessie en dan n paar dae neem om te herstel. Ek het ook baie pyn in elke vesel van my liggaam.

Oor 3 dae vertrek ons na Buffelsbaaie waar ek lekker gaan branders ry (my kinders verbied my om na verlede jaar se haai aanval daar in die see te swem) en ek sal in die Goukamma rivier swem. Kan nie meer wag nie!

'n Geseënde feestyd aan al my lesers, mag julle ook lekker swem.


Marié

Wednesday, 7 October 2015

Om vinniger te swem

Ek is nou al lank besig met die doelwit om vinniger te swem. Ek het in die somer seisoen van September 2014 tot Mei 2015 in totaal  432 kilometer geswem Ek het gedink langer afstande en meer dikwelse oefening sou my vinniger maak. Ek het in die winter weer 'n TI kursus by gewoon om tegniek foute uit te stryk. Ek het gehoop dit sou my vinniger maak.  Ek het in September net op tegniek gefokus  in die 36 kilometer wat ek die maand geswem het. Dit alles het weinig by gedra en het ek steeds teen ongeveer 20 minute per kilometer geswem.

Nog n legkaart stukkie van die TI swem het nou eers weer in plek geval. Volgens Terry is die "swem vinniger" n komplekse saak, maar die wiskunde daar agter is eenvoudig. Die spoed waarteen jy swem word bepaal deur die lengte wat jy beweeg met elke arm haal (Stroke Length)vermenigvuldig met die aantal hale wat per minuut uitgevoer word.(Stroke Rate)

Strook lengte word beinvloed deur jou eie lengte of eintlik jou "wingspan", vanaf die vingerpunte van jou regterhand tot die vingerpunte van jou linkerhand. Myne is 165 cm dus kan ek optimaal verwag om 75% van hierdie lengte met n armhaal vorentoe te beweeg. Dit is 1.23 meter. Na analisering van my hale besef ek dat ek eintlik  maar net 1.05 meter per haal beweeg. Ek kan dus nog 15 cm per haal verbeter en moet eintlik net 16 hale neem waar ek nou 18-19 hale neem in die 25 jaart swembad.

Swim Smooth het 'n programmetjie wat jy kan gebruik om te bepaal hoe vinnig jy sal swem as jy n sekere aantal hale per minuut neem en n sekere aantal hale neem om deur n 25, 50 meter of 25 yd swembad te swem. Daarvolgens is dit vir my duidelik as ek nie meer effektief kan swem en verder met elke haal beweeg nie, is my enigste alternatief om my hale vinniger uit te voer.

Ek hou van die lang gemaklike hale wat ek tot dusver geswem het en ja ek was verseker op 'n gemaklike plek. Ek kan nou sien dat ek doelwitte en ideale het wat nie met die werklike situasie strook nie. As ek my doelwit om vinniger te swem wil bereik sal ek my gemaksone moet laat vaar en doelbewus oefen om my arms vinniger vorentoe te beweeg.

Op hierdie stadium is dit vir my baie uitputtend om so te swem. Terry Laughlin  reken dat dit eintlik meer uitputtend vir die brein is en die aanpassing wat die brein moet maak om hierdie verandering volhoubaar te maak is die moeilikste deel van die leer kurwe.

Wel ek moet bieg- ek het naiewelik gedink dat "spoed" vanself sal gebeur as ek net hard werk. Ek besef nou dat ek op die verkeerde manier hard gewerk het. Ek moet van nou af doelbewus met die Tempo Trainer werk om milli sekondes van my bewegings af te skil om sodoende vinniger te kan swem. In die proses moet ek nie meer hale neem om 'n lengte te voltooi nie. Ek moet dus geleidelik vinniger hale uit voer sodat my tegniek steeds so goed as moontlik bewaar word. (As ek natuurlik my tegniek terselftertyd kan verbeter en verder met elke haal kan beweeg, sal ek nog vinniger my doelwitte bereik.)

Ek het vandag reeds n stewige 3 km met my nuwe benadering geswem. Ek kan rapporteer dat ek my spoed van 1 min 44 sekondes per 100 jaart gehandhaaf het oor afstande van 350jt, 400 jt en 450 jaart. Dit is natuurlik die ander kwessie. Dit help nie ek swem vir 50jt  vinnig nie, maar ek kan nie dieselfde spoed oor n kilometer, 'n myl en selfs 5 km handhaaf nie.

Ek besef ook dat realistiese verwagtinge sekerlik sal wees dat ek nie meer as 1 en half minuut oor n kilometer sal verbeter nie. So vir hierdie seisoen stel ek my doelwit op 18 minute 30 sekondes vir n kilometer en 55 minute 30 sekondes op 3 kilometer. As ek dit reeds kan reg kry met die Januarie WP byeenkoms sal ek baie in my noppies wees. Andersinds hoop ek om die myl teen Februarie in 29 minute te swem. Met oop water is daar ongelukkig baie veranderlikes en kan ek nie noodwendig die tyd behaal nie al swem ek vinnig genoeg. As ek nie behoorlik kan sien nie of ek volg ander swemmers wat skeef en krom swem, kan ek wel teen n vinnige genoeg spoed swem maar nogtans nie my doel swem tyd bereik nie. Ek weet nie hoe 'n blinde mol moet oefen om te sien nie? en in die water is ekbaie keer  na aan blind.

So swem vinniger as jy vinniger tye wil behaal. As jy op so n mooi plek soos ek kan oefen- is dit natuurlik maklik om gemotiveer te bly.


Marié