Friday 9 March 2018

My Swem Lewe

My lewe en swem lewe het die laaste 2 maande dramaties verander. Ek is nou n permanente inwoner van Melkbosstrand. Die groot aanpassing na 31 jaar op die plaas word vergemaklik deurdat ek weer toegang tot 'n swembad het. Die RPC swembad waar ek soveel wonderlike ure deur gebring het, is verkoop aan St Monica's en hulle wou nie ander mense op hul terrein toe laat nie en wou ook nie die swembad verder onderhou nie.

As gevolg van die droogte was die plaasdamme leeg en die nuut geboude dam het nie water gekry nie. Ek was in die somer maande (Oktober- November) dus net aangewese op stap as oefening. Gelukkig het my en my Sussie se besoek aan Kanada in Augustus en September, baie swemme moontlik gemaak.

Daarvan vertel ek later.

In Januarie het ek tussen deur die uit pak by die nuwe Virgin Active by Table Bay Mall gaan swem. Dit is nou die naaste VA aan my. Ek het daagliks die moontlikheid om in die see te swem takseer. Dikwels was die see te rof, of dit was te koud.

Einde Jnuarie besef ek dat ek net 3 kere in die see was. Ek daag myself uit om elke dag in Februarie wat ek in Melkbos is, (want ek gaan nog elke week n dag of drie plaas toe) in die see moet swem. Dit is 'n goeie uitdaging en ek swem 15  dae in die see. Dit is dikwels koud en die see is baie keer rof- maar dis juis wat ek met my mislukte Robben Eiland swem van 2017 besef het: Ek moet in rowwer water swem en in alle omstandighede, met koue winde wat die "chill" faktor hoog op stoot.

Ek swem 60 km in Februarie teenoor Januarie se 27 km. Ek swem weer 8 Midmar myle en n week later by Cape Mile swem ek 5 keer die myl. Ek is baie moeg en die water raak met elke myl wat ons swem rowwer sodat die golwe net so woes en deur mekaar is as party dae in die see. Ek besef met hierdie swem dat ek fikser moet wees en stel myself die uitdaging om ten minste 15 maar verkieslik 20 km per week te swem vir die volgende 8 weke tot ons volgende Robben Eiland swem op 21 April 2018.

Dit is nou al die 9 de dag van Maart en ek was nog net 3 keer in die see. Die water was die laaste paar dae baie rof en het ek besluit om liewer nie in die see te swem nie. Gelukkig lyk die voorspelling vir more meer belowend en sal ek defnitief kan swem.

So al swemmende sal ek die aanpassing in my nuwe omstandighede kan maak. Ek pak dus die uitdaging met n positiewe gemoed aan.

Geniet ook jou swem
MariƩ