Showing posts with label Mat Hudson. Show all posts
Showing posts with label Mat Hudson. Show all posts

Saturday, 19 December 2015

n Afrigter op die internet

Ek is lankal 'n gereelde leser van Mat Hudson se blog. Hy bied n kursus oor die internet aan wat hy "Stroke mastery and pace control" noem. In November het ek besluit om die kursus vir 'n maand te beproef. Mat bly in kontak met sy swemmers en gee terugvoer sodra jy rapporteer. Dus hoe beter jou waarnemings en beskrywing daarvan aan hom hoe makliker kan hy konstruktiewe kommentaar lewer.

Mat het ook n hele biblioteek van inligting met atikels, uitgebreide fokus punte, voorbeeld "practice" sessies om sekerre doelwitte te bereik en nog vele meer. Dit alles het hyself opgestel en ontwikkel oor die jare. Dit is n goudmyn van inligting. Ek floreer in hierdie omgewing waar my brein ook gestimuleer word.

Ek is nou vir die tweede maand besig en gaan dit defnitief oor die lang termyn  doen. Tot nou het ek op die individuele aspekte van die TI tegnieke gefokus en is nou op die punt waar ek dit alles integreer. Ek het my SPL redelik  konstant op 17 hale per swembad lengte (Die swembad waarin ek meestal swem is 25 jaart- ek handhaaf 19 hale in 'n 25 m bad en 48 hale in 'n 50 meter swembad) Dan sal ek na die volgende vlak beweeg waar ons met behulp van die tempo trainer "ratte" ontwikkel om na willekeur te kan versnel of die pas verlangsaam.

Terwyl ek aan my tegniek werk. kry ek ook oefening en was ek fiks genoeg om by die November en Desember WP byeenkomste 3km en 1k te swem. Ek het nog nie soos in die begin van die jaar ook 5 km op dieselfde dag geswem nie. Ek dink nie ek is reeds fiks genoeg om dit te doen nie en het ook gesien dat my liggaam af gebreek word deur so n vreeslike sessie en dan n paar dae neem om te herstel. Ek het ook baie pyn in elke vesel van my liggaam.

Oor 3 dae vertrek ons na Buffelsbaaie waar ek lekker gaan branders ry (my kinders verbied my om na verlede jaar se haai aanval daar in die see te swem) en ek sal in die Goukamma rivier swem. Kan nie meer wag nie!

'n Geseënde feestyd aan al my lesers, mag julle ook lekker swem.


Marié

Thursday, 26 February 2015

Oefen by RPC

Ons plaasdam op Goedertrou is basies leeg. Die bietjie water wat oor is het ook baie alge in en ek moet sekere dele van die dam vermy. Knolfontein se lekker groot dam is nou 'n heelwat kleiner dam- darem nog steeds 500 m in die rondte. Die probleem is dat ek daar deur goed aangeval word wat my vreeslik byt en ek elke slag as ek daar geswem het lyk soos een met Duitse masels! Ek het ten minste 20 byt plekke oor my lyf.

Gelukkig was Alan Zondagh van die Rugby Performance Centre so vriendelik om my toe te laat om weer in hulle swembad te swem.

Ewe skielik is my tye sommer baie beter as net die vorige dag toe ek in Malmesbury geswem het. Ek vermoed onraad en tree die swembad af. Dan gaan n lig vir my op. Die swembad is seker meer as 50 jaar terug gebou toe die Sement fabriek nog deur die Ingelse besit is en Cape Portland Cement geheet het. Hulle het dit natuurlik in Yards gebou en nie in meter nie. 25 Jaart is net onder die 23 meter en ek swem ongelukkig nog teen dieselfde spoed. (Die sportgronde is verkoop en tans in die besit van Alan Zondagh wat sy Rugby Performance Centre hier gevestig het)

Dit is nou weer lekker om gereeld in die swembad te oefen. Ek kan my effektiwiteit meet en bepaal of my verstellings 'n verbetering in spoed bewerkstellig. Ek moet soggens voor 8 uur klaar geswem wees. Dit is n goeie begin vir elke dag. Waar ek twee jaar terug gesukkel het om in die water te gaan as dit nie n lekker son skyn dag is nie, is dit nou vir my tweede natuur en gaan ek maklik selfs in die half donker in die water. Ek moet 6vm by die swembad wees as ek 4-5 km wil swem.

Ek is ingeskryf by die Total Immersion Academy. Dit kos n maandelikse fooi maar daarvoor is al die videos en ook Terry Laughlin se nuwe boek op die Akademie beskikbaar. As mens raad nodig het is daar altyd n TI coach op die forum om te help. Suzaan Atkinson het ook n 12 weke program hierop wat ek nou gaan begin volg.

Ek lees gereeld Mat Hudson se blog. As n fondasie om jou swem tegniek te bou stel hy dit dat jy in n proses moet glo en die proses moet vertrou. Dit het ek nou net weer besef. Daar is baie verskillende benaderings in die swem wêreld. Ek glo in die Total Immersion filosofie en in my aanlyn afrigters. Ek kan nie n baster benadering volg deur ander idees met TI idees te vermeng nie. Dan sal die proses nie effektief wees nie en sal ek nie resultate verkry nie. Sommige benaderings soos die een waar krag en vinnige SR beklemtoon word is nie versoenbaar met TI nie. Total Immersion beklemtoon juis dat hierdie tegnieke oor n kort afstand werk maar oor die langer afstande soveel weerstand kan veroorsaak- n 10 % groter spoed veroorsaak 80 % meer weerstand, dat dit net te uitputtend is om volhoubaar te wees. Volgens die TI proses is balans en vaartbelyning die boustene waarop spoed later gebou word. Hierdie boustene moet gereeld verfyn word deur te probeer vasstel waar verbeterings nog aan gebring kan word.

Ek weet reeds dat ek nie altyd my kop in die water laat hang nie en dat ek met asemhaling my kop ook oplig en nie net draai nie. Hierdie aspekte gaan my fokus punt vir die volgende twee weke wees. Swem op die TI manier betrek jou verstand en jou liggaam en om so intens betrokke by die proses te wees is opwindend en maak elke swem n unieke ervaring. Geen vervelige op en af swemmery vir n TI swemmer nie!