Saturday 20 February 2016

Kaapse Myl

Op 7 Februarie vind die "Sanlam Cape Mile" by Eikenhof plaas. Die geleentheid groei elke jaar en ek wonder altyd waar al die swemmers nou vandaan kom- waarom swem hulle nie in die Freedom series en by die WP byeenkomste nie? Die kompetisie is baie stywer en is daar 41 vroue in die 51-60 ouderdomsgroep.

Ek kom 9 de met 'n tyd van 32:04. Die wenner is Cecilia Stanford in n tyd van 23 minute 18 sekondes. Ek oefen die afgelope 3 maande hard en doelgerig in die hoop om vinniger te swem en swem niks vinniger as verlede jaar nie. Cecilia swem sommer 2 minute vinniger as verlede jaar. Sal ek moedeloos word?

Dit is moeilik om vir meer as een myl in te skryf omdat mens op die webtuiste jou ouderdomsgroep merk en dan outomaties in daardie myl ingedeel word. Daar is egter n klompie swemmers wat met die organiseerders gereƫl het en hulle swem al 5 die myle. Daar is net n driekwartier tussen die afsit tye. Ek skryf daar in vir n tweede myl maar het darem n uur tussen in om te rus. Hier swem ek bietjie langer 33:31 en is 4 de uit die sewe vroue wat in my ouderdomsgroep deel neem.

Die weer is lekker koel, maar vir die toeskouers is daar 'n ongemaklike reen buitjie. My sussies en dogter ondersteun my so dit is n lekker gesellige oggend. Verlede jaar was ek alleen hier en is baie bly vir hul geselskap en ondersteuning.

No comments:

Post a Comment