Thursday 20 November 2014

My Swem Blog

Ek skryf hierdie blog vir myself om tred te hou met my swem aktiwiteite en het nou besluit om dit liewers in Afrikaans te doen. Enige iemand wat dit graag wil lees kan altyd die "translater" gebruik as hulle nie Afrikaans kan verstaan nie.

Carla en Heidi- foto geneem deur Dirkie Morkel
Ek en my sussies het die afgelope naweek op 15 November (my man, Stephanus se verjaardag) by Misverstanddam aan WP Aquatics se eerste uitdaging van die seisoen deel geneem. Ek het 3 km en daarna 1 km geswem en Carla en Heidi het die 400 m geswem. Heidi nogal met 'n vinnige rugslag.


Heidi met haar rugslag


Ons vier die verjaarsdag


My tyd vir die 3 km was 1 uur 5 min 38 sekondes en vir die 1 km, 22 min 5 sekondes. Hierop kan ek nou net verbeter. In my ouderdoms kategorie het ek vierde en eerste gekom. (Daar was nie baie deelnemers in die kategorië nie by gesê, maar ek het n medalje en bottel sjampanje gewen!)

Die vorige naweek het ek by Calais wynplaas aan die Winelands Master Swem Klub se myl deel geneem en 'n skaflike tyd van 32 minute geswem. Ek was 11 de in die 40-59 kategorie en 62 uit die 131 swemmers.

Ek oefen elke dag as ek kan en het hierdie week elke dag van Maandag tot Donderdag geswem. Maandag en Dinsdag  het ek elke dag 3 km op Goedertrou geswem, waar n trop skape my dop gehou het.

Gister het ek 4 vinnige kilometers (vir my) teen 19 minute 30 sekondes gemiddeld geswem. Dit swem ek in lengtes wat wissel van 50 m tot 400 m. Ek het die Tempo trainer van 1:20 versnel to 1:16 maar het meer "strokes" geswem teen die vinniger tempo en dus eintlik stadiger. Ek oefen nou eers teen 1:19 en sal dit geleidelik  vinniger maak. Dit help tog nie om my arms vinniger te beweeg en moeër te raak en dan eintlik stadiger te swem nie!

Vandag het ek in die buurplaas, Knolfontein se lekker groot dam geswem. Die dam is vol en so 850 m in omtrek. My Forerunner 910 XT is nie akkuraat in die oop water nie. Volgens die tyd wat ek swem en die aantal "strokes" wat ek neem is dit omtrent 15 % uit wat die afstand betref. Die wind het erg gewaai maar ek het heerlik geswem. Ek het 5 maal om die dam geswem so volgens skatting oor die 4 km.

Mooi né



Die swemmery raak net al hoe lekkerder. In die dam is daar baie alge. Vir ander mense mag dit grillerig wees. Vir my is dit lekker om te sien hoe vinnig ek oor dit beweeg. Partykeer swem mens en dan voel dit of jy nie vorentoe gaan nie. As mens die bodem kan sien het jy 'n baie beter idee van die spoed waarteen jy beweeg. Die lekker groot branders het die swem ook baie opwindend gemaak.

Marié

No comments:

Post a Comment